Pick up an IN-SEASON RECIPE and lots of yummy info on your #local #food supply. bit.ly/1QS1Ldx

Agri in die media

Om te bly hoop in ‘n asvaal-wêreld

En dan is daar Brayn Stephen.
Dié merkwaardige voorman op ‘n #Karoo-skaapplaas is tydens die Wes-Kaap Agriwerker van die Jaar kompetisie aangewys as die wenner in die kategorie: Beste Potensiaal.

“Op skool het ek ‘n vriend gehad wat op Laingsburg gebly het. As ek naweke by hom gaan kuier het, het ek altyd gedink ek wil eendag in die Karoo bly. Dit is bitterlik mooi,” sê Brayn, wat op Piketberg grootgeword het. Sy wens het waar geword en vandag werk hy buite Beaufort-Wes op ‘n plaas wat ook onder die droogte gebuk gaan.

“Die plaas is mooi, maar die wêreld is nou anders. Dit is asvaal en kurkdroog. Ons bemoedig mekaar maar op die plaas. Die droogte is nie die landbou sin alleen nie, dit is die hele land sin. Dit het mense bymekaar gebring. Jy hou aan boer deur ander wat jou bemoedig. Die droogte het my geleer om meer vir ons landbouers te bid.

“Ek het ook my afdae, veral wanneer ons skaap moet skuif en daar ís net nie meer voer nie. Of wanneer dit lamseisoen is en jy sien hoe gooi ‘n ooi haar lam weg. Mens soek altyd iemand om die skuld te gee, maar dan dink ek weer die liewe Vader het ‘n doel met alles. Sekere goed in die natuur gee vir my hoop. Partykeer stap ek in die veld en sien ‘n bossie wat probeer uitloop. Dan het ek weer hoop.

“Ek sien myself nog lank hier. As die reën weer kom, gaan ek groente plant. Tot dan gaan ek aan om leiding op die plaas te neem, die ander werkers te bemoedig, te kyk waar ek hulle dagtake kan vergemaklik en te sorg dat dinge reg loop.”

Baie geluk met die toekenning, Brayn! Dankie dat jy in moeilike omstandighede almal om jou hoop gee!

Posted on November 12, 2019 in Blog, News

Login

Agri Wes-Kaap lede log in

Nog nie 'n Agri Wes-Kaap lid?

Agri Wes-Kaap:

  • fokus voortdurend op die ontwikkeling van vooruitstrewende landboustrategieë.
  • bewerkstellig 'n positiewe beleidsraamwerk vir die landbou in die Wes-Kaap waarbinne wette, regulasies, ordinansies en gesindhede landbou-vriendelik is.
  • sien toe dat landbou in die Wes-Kaap sy eie toekoms verseker, deur aktiewe betrokkenheid op alle lewensterreine.
  • skep ‘n kollektiewe magsbasis vir die landbougemeenskap in die Wes-Kaap.
  • bied ‘n fokuspunt waardeur die kollektiewe belang van landbou in die Wes-Kaap optimaal bevorder word.

Doen aansoek om ‘n Agri Wes-Kaap lid te word Ons sal reëlings met jou plaaslike Landbouvereniging tref en skakel jou terug.

Not an Agri member yet?

Agri Western Cape:

  • constantly focuses on developing more progressive agricultural strategies.
  • negotiates a positive policy framework on behalf of agriculture in the Western Cape, within which laws, regulations, ordinances and attitudes are agriculture friendly.
  • provides a platform for agriculture in the Western Cape to ensure its own future, through involvement in all spheres of life.
  • creates a collective power base for the agricultural community of the Western Cape.
  • optimally promotes the collective interest of agriculture in the Western Cape.

Apply for Agri WC membership We will make arrangements via your local Agricultural Association and get back to you.

Awukabilolungu?

I-Agri Western Cape:

  • ihlala igxile kuphuhliso lwamaqhinga ezolimo anenkqubela nangakumbi.
  • yenza uthethathethwano loyilo lwemigaqo-nkqubo emihle egameni lwezolimo eNtshona Koloni, ekuye kuthi kuyo yuqunlunqwe imithetho, imigaqo, izibhengezo kunye nendlela yokucinga evelana nezolimo.
  • idala iqonga lokuba ezolimo ziqinisekisa ikamva lazo, ngokuzibandakanya kwiinkalo zonke zobomi.
  • idala isiseko esinamandla kuluntu lwezolimo eNtshona Koloni.
  • ikhuthaza ngokwaneleyo umdla kuwonke-wonke kwezolimo eNtshona Koloni.

Yenza isicelo sokuba lilingu Siza kwenza amalungiselelo neManyano yeZolimo yengingqi yakho, size sibuyele kuwe.
Join

Subscribe to our fun,
educational, inspiring
and winning updates -
and Grow Greatness
in your home.