Pick up an IN-SEASON RECIPE and lots of yummy info on your #local #food supply. bit.ly/1QS1Ldx

Agri in die media

 Rolspelers vergader oor alkoholverbod se impak op wynbedryf

 28 Jul 2020

Die bedryfsliggaam Vinpro, Agri Wes-Kaap, die landbou-belangegroep Saai en Wes-Kaapse wynprodusente het verlede week vergader om die uitwerking van die tweede verbod op alkoholverkope op die wynbedyf te bespreek.

Mnr Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê konstruktiewe gesprekke om die wynbedryf te red en mense se lewensbestaan te beskerm, is krities. Hy sê die verbod hou ‘n potensiële ramp vir ‘n belangrike landbousektor in en dat die belange van primêre produsente en die wynwaardeketting ten alle koste beskerm moet word.

Mnr Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê familieboere is die mees kwesbare belanghebbendes in die waardeketting wat deur die verbod op verkope van wyn geaffekteer word. Hy sê ‘n verdere blokkade in hulle bemarkingskanale kan ‘n rampspoedige impak hê. “Wyn- en druiweprodusente verteenwoordig sommige van die oudste familieplase in Suid-Afrika,” sê hy.

Mnr Rico Basson, uitvoerende direkteur van Vinpro, sê in die afgelope 14 weke het die bedryf ‘n inkomsteverlies van R4.5 miljard gely. Hy sê werksverliese het reeds as gevolg van Covid-19 regulasies voorgekom, en na raming kan nog 18 000 werksgeleenthede in die slag bly. “Vermenigvuldig 18 000 werkers met vyf afhanklikes elk, dan kyk ons na amper 100 000 mense wat algehele armoede in die gesig staar,” het mnr Basson gesê.

Posted on July 30, 2020 in Blog, News

Login

Agri Wes-Kaap lede log in

Nog nie 'n Agri Wes-Kaap lid?

Agri Wes-Kaap:

  • fokus voortdurend op die ontwikkeling van vooruitstrewende landboustrategieë.
  • bewerkstellig 'n positiewe beleidsraamwerk vir die landbou in die Wes-Kaap waarbinne wette, regulasies, ordinansies en gesindhede landbou-vriendelik is.
  • sien toe dat landbou in die Wes-Kaap sy eie toekoms verseker, deur aktiewe betrokkenheid op alle lewensterreine.
  • skep ‘n kollektiewe magsbasis vir die landbougemeenskap in die Wes-Kaap.
  • bied ‘n fokuspunt waardeur die kollektiewe belang van landbou in die Wes-Kaap optimaal bevorder word.

Doen aansoek om ‘n Agri Wes-Kaap lid te word Ons sal reëlings met jou plaaslike Landbouvereniging tref en skakel jou terug.

Not an Agri member yet?

Agri Western Cape:

  • constantly focuses on developing more progressive agricultural strategies.
  • negotiates a positive policy framework on behalf of agriculture in the Western Cape, within which laws, regulations, ordinances and attitudes are agriculture friendly.
  • provides a platform for agriculture in the Western Cape to ensure its own future, through involvement in all spheres of life.
  • creates a collective power base for the agricultural community of the Western Cape.
  • optimally promotes the collective interest of agriculture in the Western Cape.

Apply for Agri WC membership We will make arrangements via your local Agricultural Association and get back to you.

Awukabilolungu?

I-Agri Western Cape:

  • ihlala igxile kuphuhliso lwamaqhinga ezolimo anenkqubela nangakumbi.
  • yenza uthethathethwano loyilo lwemigaqo-nkqubo emihle egameni lwezolimo eNtshona Koloni, ekuye kuthi kuyo yuqunlunqwe imithetho, imigaqo, izibhengezo kunye nendlela yokucinga evelana nezolimo.
  • idala iqonga lokuba ezolimo ziqinisekisa ikamva lazo, ngokuzibandakanya kwiinkalo zonke zobomi.
  • idala isiseko esinamandla kuluntu lwezolimo eNtshona Koloni.
  • ikhuthaza ngokwaneleyo umdla kuwonke-wonke kwezolimo eNtshona Koloni.

Yenza isicelo sokuba lilingu Siza kwenza amalungiselelo neManyano yeZolimo yengingqi yakho, size sibuyele kuwe.
Join

Subscribe to our fun,
educational, inspiring
and winning updates -
and Grow Greatness
in your home.