Pick up an IN-SEASON RECIPE and lots of yummy info on your #local #food supply. bit.ly/1QS1Ldx

Agri in die media

Nasionale Begrotingsrede: Dit is wat landbou in die Wes-Kaap wil hoor

25 Februarie 2020

Agri Wes-Kaap besef die eise wat uit alle oorde aan Minister Tito Mboweni en sy Departement gestel word is groot, maar ter wille van ‘n volhoubare landbousektor sal Agri Wes-Kaap graag wil hoor dat Minister Tito Mboweni in sy begrotingsrede dié week aandag aan die volgende kwessies gee:

  1. President Ramaphosa het in sy onlangse staatsrede na die negatiewe impak van die droogte verwys. Watter bedrag gaan vir droogtehulp beskikbaar gemaak word? Meer fondse is ook nodig vir navorsing oor alternatiewe gewasse, strategieë om die uitwerking van klimaatsverandering te versag en om produsente van langtermyngewasse, volstruise, melkerye en wild ook by droogtehulp in te sluit.
  2. Befondsing vir die uitbreiding van water-opgaarkapasiteit, met ‘n tydlyn daaraan gekoppel, om die regering se verbintenis aan ‘n oplossing vir die land se waterkrisis te wys. Waar staan ons met die Clanwilliam-dam?
  3. Groter finansiële steun aan landbou-kolleges en instansies gemoeid met vaardigheidsopleiding relevant tot die landbou ter wille van volhoubare kennis en kundigheid in die sektor.
  4. Die koste van elektrisiteit het die afgelope dekade met meer as inflasie gestyg en verbruikers kan nie langer die koste dra van wanbestuur en korrupsie by Eskom nie. ‘n Detailplan oor Eskom en die inkorporering van alternatiewe energie-opwekkers is nodig.
  5. Watter bedrag word vir grondhervorming begroot en word voorsiening gemaak vir ondersteuning aan begunstigdes ná vestiging, en vir die opleiding van potensiële begunstigdes waarna President Ramaphosa in sy onlangse staatsrede verwys het? Landbou-voorligting moet ook indringend opgeskerp word.
  6. Wat gaan vir landelike veiligheid bewillig word? Die SAPD moet versterk word om die sluiting van paaie en die beskadiging van infrastruktuur tydens protesoptrede wat die ekonomie verlam, te voorkom en te kan hanteer.
  7. Die onderhoud en opgradering van infrastruktuur soos paaie in landelike gebiede moet geprioritiseer word. Dit sluit die opgradering van hawens ook in om meer vragte te kan hanteer en weer doeltreffend te funksioneer.
  8. Vinpro doen namens die wynbedryf ‘n beroep op die regering vir verligting op aksynsbelasting, asook bystand rondom verskeie ander aspekte wat ‘n invloed op die wynbedryf het. Dit sluit die ontsluiting van markte deur voorkeurhandelsooreenkomste, infrastruktuurontwikkeling, landelike veiligheid en verantwoordelike beleidsformulering rondom grondhervorming in. Hoewel die wynbedryf reeds vordering met transformasie en maatskaplike programme toon, is vennootskappe en befondsing nodig om dit uit te bou. Die volhoubaarheid van produsente in droogtegeteisterde streke hou ook ʼn bedreiging vir die bedryf in, en bystand word hiermee versoek.

Minister Mboweni het nou die geleentheid om te wys sy departement verstaan die kritiese rol van die landbousektor in die ekonomie. Die steun wat die landbou in die begroting gaan kry, sal wys of sy departement verbind is om die landbou ter wille van voedselsekerheid, ekonomiese groei en investering te ondersteun.

Posted on February 25, 2020 in Blog, News

Login

Agri Wes-Kaap lede log in

Nog nie 'n Agri Wes-Kaap lid?

Agri Wes-Kaap:

  • fokus voortdurend op die ontwikkeling van vooruitstrewende landboustrategieë.
  • bewerkstellig 'n positiewe beleidsraamwerk vir die landbou in die Wes-Kaap waarbinne wette, regulasies, ordinansies en gesindhede landbou-vriendelik is.
  • sien toe dat landbou in die Wes-Kaap sy eie toekoms verseker, deur aktiewe betrokkenheid op alle lewensterreine.
  • skep ‘n kollektiewe magsbasis vir die landbougemeenskap in die Wes-Kaap.
  • bied ‘n fokuspunt waardeur die kollektiewe belang van landbou in die Wes-Kaap optimaal bevorder word.

Doen aansoek om ‘n Agri Wes-Kaap lid te word Ons sal reëlings met jou plaaslike Landbouvereniging tref en skakel jou terug.

Not an Agri member yet?

Agri Western Cape:

  • constantly focuses on developing more progressive agricultural strategies.
  • negotiates a positive policy framework on behalf of agriculture in the Western Cape, within which laws, regulations, ordinances and attitudes are agriculture friendly.
  • provides a platform for agriculture in the Western Cape to ensure its own future, through involvement in all spheres of life.
  • creates a collective power base for the agricultural community of the Western Cape.
  • optimally promotes the collective interest of agriculture in the Western Cape.

Apply for Agri WC membership We will make arrangements via your local Agricultural Association and get back to you.

Awukabilolungu?

I-Agri Western Cape:

  • ihlala igxile kuphuhliso lwamaqhinga ezolimo anenkqubela nangakumbi.
  • yenza uthethathethwano loyilo lwemigaqo-nkqubo emihle egameni lwezolimo eNtshona Koloni, ekuye kuthi kuyo yuqunlunqwe imithetho, imigaqo, izibhengezo kunye nendlela yokucinga evelana nezolimo.
  • idala iqonga lokuba ezolimo ziqinisekisa ikamva lazo, ngokuzibandakanya kwiinkalo zonke zobomi.
  • idala isiseko esinamandla kuluntu lwezolimo eNtshona Koloni.
  • ikhuthaza ngokwaneleyo umdla kuwonke-wonke kwezolimo eNtshona Koloni.

Yenza isicelo sokuba lilingu Siza kwenza amalungiselelo neManyano yeZolimo yengingqi yakho, size sibuyele kuwe.
Join

Subscribe to our fun,
educational, inspiring
and winning updates -
and Grow Greatness
in your home.