Pick up an IN-SEASON RECIPE and lots of yummy info on your #local #food supply. bit.ly/1QS1Ldx

Agri in die media

Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die Jaar 2017

Die finaliste vir die Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die Jaar 2017 is op Dinsdag 18 April bekend gemaak.  Die wenner word op Woensdag 24 Mei aangekondig.

Die finaliste is:

Cornel Landman, Plaas Karoolusern, Oudtshoorn

Cornel Landman

Cornel boer al vir agt jaar op die plaas Karoolusern in die Volmoed-omgewing by Oudtshoorn. Hy is ‘n lusern- en graanboer en bedryf ook ‘n melkery, lusernmeelfabriek en voerkraal vir lammers. Toe voëlgriep in Oudtshoorn uitgebreek het, het Cornel sy volstruisboerdery gestaak en ander opsies oorweeg. Met die volop lusern in die Oudtshoorn-omgewing het hy besluit om na ‘n volvoermelkery en skaapvoerkrale oor te gaan en het hy lusernlande begin vestig. Dit is hoe die lusernmeelfabriek ontstaan het.

Dit is vir hom belangrik om opkomende lusernboere te help omdat hierdie boere oorgenoeg kennis het. “Ek het baie ingesit om staatsplase te help winsgewend maak. Opkomende produsente word net nie altyd die geleentheid gebied nie. Ek het ‘n passie om opkomende produsente te help om suksesvolle boerderye van die grond af te kry. “Ek gee alle eer aan God sonder wie ek niks sou bereik het nie.”

Cornel sê jongboere is die hoofslagaar van die landbou-toekoms in Suid-Afrika. “Jongboere moet in die landbou inkom en daar bly. Dit sal verseker dat die land se landbou-ekonomie aanhou groei.”

Cornel sien homself as ‘n persoon wat baie hou van uitdagings wat nie maklik haalbaar is nie. “Om te sorg dat ek die uitdagings wel kan deurvoer en ‘n sukses daarvan maak, omring ek my met suksesvolle produsente wat my kan raad gee. Dit gaan nie altyd vir my daaroor om suksesvol te wees nie, maar eerder om soveel as moontlik mense werk te probeer gee om sodoende kos op hulle tafels te kan sit.”

Danie Viljoen, Plaas Lushof, Prince Alfred’s Hamlet

Danie Viljoen

Danie is die bestuurder van Graaff Fruit se plaas Lushof op Prins Alfred’s Hamlet in die Warm Bokkeveld en boer al vir 20 jaar met kern- en steenvrugte soos pere, appels, perskes, nektariens, pruime en appelkose.

Danie sê hy is gebore met ‘n passie vir plante, grond, water en alles wat groen is. “Dit is vir my baie bevredigend om te sien hoe plante reageer en hoe mense ontwikkel. Ek hou daarvan om inligting in te samel en in stelsels te verwerk wat ek self ontwikkel om dit wat ons doen, te kan meet en evalueer.

“Alles is vir my moontlik en ek probeer om alles wat ek doen beter, vinniger en meer doeltreffend te doen. Ek laat mense toe om hulleself in hulle werk uit te leef en met behulp van my stelsels is die vangnet stewig in plek. Ek hou baie daarvan om deur die boorde te loop om te sien waar byvoorbeeld sit die groot Forelle-pere. Dan kom tipiese vrae by my op, soos hoe kan ons die snoei aanpas, en moet ons die besproeiingskedulering aanpas. Ek is konstant bewus van wat in die boord aangaan en sal weet wanneer iets optimaal is of nie.”

Danie sê jongboere moet die landbou aantreklik laat lyk om beleggings te lok. “Jongboere moet ‘n passievolle voorbeeld van Landbou wees,” sê hy. Danie word gereeld deur die Koue-Bokkeveld Opleidingsentrum gebruik om sy kennis en ervaring te deel, veral met hulle internskap-programme.

Gert Joubert, Plaas Meulrivier, Bo-Kammanassie

Gert Joubert

Gert is al vir 19 jaar by boerdery betrokke en is die afgelope 10 jaar die plaasbestuurder van Meulrivier in die Bo-Kammanassie by George waar daar met sagtevrugte, skape en beeste geboer word. Gert is hoofsaaklik verantwoordelik vir die bestuur van die apples, pere en pruime, maar is ook verantwoordelik vir die bestuur van weidings en die dag tot dag bestuur van die veevertakking. Hy is op hoogte van nuwe kultivars, opleistelsels en snoeimetodes en deel sy kennis gemaklik met ander.

Gert sê hy is passievol oor boer en het ‘n groot liefde vir die plaas en sy werkers. “Ek is positief oor landbou in Suid-Afrika en is trots om ‘n produsent hier te kan wees. Ek geniet wat ek doen. Jongboere is die toekoms van die landbou in Suid-Afrika. Ons het ‘n groot rol om te speel as mentors vir dié wat saam met ons werk.”

Gert se portefeulje op die Landbouvereniging waaraan hy behoort, is plaaswerkerontwikkeling. “Een van die plaas se belangrikste bates is die gemotiveerde personeel. Ek glo dat ons ons plaaswerkers tot hulle volle potensiaal moet ontwikkel en bemagtig. Ek wil in harmonie met my omgewing en die gemeenskap funksioneer en glo daaraan om ‘n aangename werksomgewing te skep,” sê hy. Hy sê hy ondeskryf die beginsels van deelnemende bestuur ter wille van spanwerk.

Volgens Gert se kollegas is hy hulpvaardig en ‘n groot aanwins vir die hele gemeenskap. “Hy is passievol oor die ontwikkeling van sy werkers en jy kan dit in sy boerdery sien.”

Johann Nel, Hoëkraal Landgoed, Suurbraak

Johann Nel

Johann boer al vir agt jaar op Hoëkraal Landgoed naby Buffeljagsrivier in die Overberg met melk, graan, skape en boerbokke. Hy is steeds besig met uitbreidings aan die melkery en vandat hy die plaas se bestuur in 2011 oorgeneem het, is die skaapvertakking ook uitgebrei. Deesdae boer Johann ook met boerbokke om die onbenutte weiding in die klowe doeltreffend te benut.

“In my oë is vandag se jongboere innoverend, passievol, doelgerig en probeer hulle deurentyd verbeter en vernuwe op die ongelooflike fondament en voorbeeld van boerderypraktyke wat die vorige generasies en leermeesters gelê het. Die jongboer speel ‘n baie groot en waardevolle rol in ons land se voedselketting om genoegsame, goeie kwaliteit en in voortdurende aanvraag voedsel te produseer in ‘n konstante veranderlike omgewing met beperkte hulpbronne.”

Johann sê hy sien kans vir enige dag in die boerdery omdat hy die beste bestuurspan het. “My arbeidsmag is my belangrikste bate en sommige werkers is al hul hele lewe op die plaas. Met die beste bestuurspan sien ek kans vir enige dag in die boerdery.”

Johann sê dit is vir hom ‘n voorreg om elke dag so nou en in afhanklikheid met God se skepping te kan werk. “Boerdery is vir my die mees gesonde, dienende en nederige werk om te verrig. Buiten die genoegdoening en bevrediging wat ek uit boerdery haal, is dit wonderlik om te kan weet ek verskaf werk aan 40 broodwinners en help dat hulle ‘n goeie huis en kos op die tafel aan hulle familielede kan voorsit.”

Sias Reynolds, Plaas Kamferskraal, Beaufort-Wes

Sias Nel

Sias boer al vir agt jaar op die plaas Kamferskraal by Beaufort-Wes met angorabokke, merinos, beeste en lusern. “Ek is bevoorreg dat beide my oupa en pa uitstekende produsente was en dat ek ‘n goeie wegspring gehad het. Ek probeer die boerdery met ‘n vars, positiewe aanslag benader en hoewel ek die status quo respekteer, probeer ek ook om die boerdery te laat groei deur buite die boks te dink,” sê hy.

Sias sê hy is nie te trots om by ander te leer nie. “Ek bel maklik ‘n buurman vir raad.  Van my werkers is al 30 jaar op die plaas en ek vra maklik hulle raad en opinies.”

Omdat sy boerdery nie seisoenaal is nie, spandeer hy baie tyd daaraan om infrastruktuur te verbeter om enige potensiële uitdagings te verminder. “Daar is altyd plek vir verbetering. Ek kyk byvoorbeeld tans na die aanplant van neutbome om ‘n windskerm vir landerye te bied,” sê hy.

Sias sê jongboere speel ‘n belangrike rol om die onmisbare bydrae van produsente tot die land se ekonomie uit te lig. “Behalwe vir die rol wat jongboere in voedselsekuriteit en werkskepping speel, kan hulle ook die politieke dinamika en die publiek se persepsie van boerdery positief beinvloed,” sê hy.

“Ek glo ‘n mens is verantwoordelik vir jou eie sukses. ‘n Negatiewe uitkyk op die lewe gaan ‘n negatiewe uitwerking op jou lewe hê. Ek daag myself gedurig uit deur te vra “hoekom nie?”. Ek is bereid om foute te maak en daaruit te leer.”

Posted on May 4, 2017 in Blog

Login

Agri Wes-Kaap lede log in

Nog nie 'n Agri Wes-Kaap lid?

Agri Wes-Kaap:

  • fokus voortdurend op die ontwikkeling van vooruitstrewende landboustrategieë.
  • bewerkstellig 'n positiewe beleidsraamwerk vir die landbou in die Wes-Kaap waarbinne wette, regulasies, ordinansies en gesindhede landbou-vriendelik is.
  • sien toe dat landbou in die Wes-Kaap sy eie toekoms verseker, deur aktiewe betrokkenheid op alle lewensterreine.
  • skep ‘n kollektiewe magsbasis vir die landbougemeenskap in die Wes-Kaap.
  • bied ‘n fokuspunt waardeur die kollektiewe belang van landbou in die Wes-Kaap optimaal bevorder word.

Doen aansoek om ‘n Agri Wes-Kaap lid te word Ons sal reëlings met jou plaaslike Landbouvereniging tref en skakel jou terug.

Not an Agri member yet?

Agri Western Cape:

  • constantly focuses on developing more progressive agricultural strategies.
  • negotiates a positive policy framework on behalf of agriculture in the Western Cape, within which laws, regulations, ordinances and attitudes are agriculture friendly.
  • provides a platform for agriculture in the Western Cape to ensure its own future, through involvement in all spheres of life.
  • creates a collective power base for the agricultural community of the Western Cape.
  • optimally promotes the collective interest of agriculture in the Western Cape.

Apply for Agri WC membership We will make arrangements via your local Agricultural Association and get back to you.

Awukabilolungu?

I-Agri Western Cape:

  • ihlala igxile kuphuhliso lwamaqhinga ezolimo anenkqubela nangakumbi.
  • yenza uthethathethwano loyilo lwemigaqo-nkqubo emihle egameni lwezolimo eNtshona Koloni, ekuye kuthi kuyo yuqunlunqwe imithetho, imigaqo, izibhengezo kunye nendlela yokucinga evelana nezolimo.
  • idala iqonga lokuba ezolimo ziqinisekisa ikamva lazo, ngokuzibandakanya kwiinkalo zonke zobomi.
  • idala isiseko esinamandla kuluntu lwezolimo eNtshona Koloni.
  • ikhuthaza ngokwaneleyo umdla kuwonke-wonke kwezolimo eNtshona Koloni.

Yenza isicelo sokuba lilingu Siza kwenza amalungiselelo neManyano yeZolimo yengingqi yakho, size sibuyele kuwe.
Join

Subscribe to our fun,
educational, inspiring
and winning updates -
and Grow Greatness
in your home.