Pick up an IN-SEASON RECIPE and lots of yummy info on your #local #food supply. bit.ly/1QS1Ldx

Agri in die media

Grond is die Joker in die pakkie

AGRI WES-KAAP JAARKONGRES:
GROND IS DIE JOKER IN DIE PAKKIE
30 Julie 2018

“Grondhervormingsprogramme in Zimbabwe en Suid-Afrika is vermink deur nepotisme en korrupte amptenare. In albei lande het die boere deurentyd vir mekaar gesê “dit sal nie met ons gebeur nie, die landbou is té belangrik vir die ekonomie”. Dít maak egter nie saak wanneer politici aan bewind wil bly nie. Grond is die Joker in die pakkie wanneer jy ‘n swak hand het.”
So het Dr Theo de Jager, President van die World Farmers Organisation, tydens Agri Wes-Kaap se Jaarkongres op 26 Julie naby Worcester gesê. Dr De Jager was een van vyf sprekers wat kwessies rondom die kongrestema, naamlik Volhoubaarheid Te Midde Van Uitdagings, bespreek het.
In sy aanbieding oor grondonteiening sonder vergoeding het Dr De Jager gesê riglyne vir grondonteiening wat ekonomiese en politiese stabiliteit, voedselsekerheid en armoede-verligting in ag neem, is reeds in 1945 by die Food and Agriculture Organisation se grondhervormingskonferensie opgestel. Hy het ‘n vergelyking getref tussen grondhervorming in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe en het gesê “Namibië bestuur hul grondhervormingsprogramme strate beter as Suid-Afrika” deur onder meer goeie finansieringsmeganismes en die reg tot eerste weiering.
Me Judith February, navorsingsgenoot by die Instituut vir Sekerheidstudies, het gesê die landbou moet sy eie visie kry, en nie vir die regering wag nie. “Tydens die Mandela-jare het ons goed oor onsself gevoel omdat ons gefokus het op nasiebou. Die “touchy feely stuff” het ons laat voel asof ons behoort. Vandag moet ons ons verwagtinge temper. Moenie terugsit en dink die regering gaan iets doen nie,” het sy gesê. Me February het gesê die gronddebat het “morsig en ongedefinieerd” geword omdat die regering nie die debat lei nie. “Artikel 25 van die grondwet hoef nie te verander nie. Ons behoort eerder al ons energie en hulpbronne op onderwys te fokus,” het sy gesê.
Dr Jannie Rossouw, hoof van die Skool vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit van die Witwatersrand, het gesê Suid-Afrika het nog nie herstel van 2008 se finansiële krisis nie. “Ons gaan nog lank vir die Zuma-administrasie betaal,” het hy gesê. Prof Rossouw het gesê die land sit op ‘n demografiese ramp met 900 000 geboortes elke jaar, waarvan meer as die helfde as “Vader Onbekend” geregistreer word. “Ons kort elke jaar nege dorpe die grootte van Worcester vir die bevolkingsaanwas, wat geweldige druk op die fiskus plaas. Dan praat ons nog nie eens van die behuisingskrisis nie,” het hy gesê. Prof Rossouw het gesê Suid-Afrika is binne die BRICS-groepering baie klein. “Het Zuma ons in BRICS ingelei vir Zuma of vir Suid-Afrika se voordeel?” Wat die gronddebat aanbetref meen prof Rossouw die impak op banke en finansiële stabiliteit vorm tans glad nie deel van die debat nie.
Prof Mike Muller van die Universiteit van die Witwatersrand se Bestuurskool het gesê een van die landbou se grootste uitdagings is om te verseker stedelinge weet waarvoor produsente water gebruik. Hy het gesê die landbou gebruik nié die leeuedeel van beskikbare water nie, wel die hiëna-deel: dít wat oorbly nadat ander waterverbruikers hul deel gevat het. “Die landelike bevolking is die landbou se grootste bondgenoot. Hulle sal landbou-aktiwiteite aan die gang wil hou en moet hulle gedeelde belange met die landbou verstaan.” Prof Muller het ook gesê talle Kapenaars verdedig die landbou se watergebruik omdat hulle die sosiale en ekonomiese bydrae van die sektor verstaan.
Tydens sy spreekbeurt het mnr Alan Winde, Wes-Kaap se Minister van Landbou, die landbousektor bedank wat “ten spyte van die droogte sterk gestaan het”. Mnr Winde het gesê opnames te midde van die waterkrisis het gewys 30 000 werksgeleenthede kan verlore gaan, maar dat dit uiteindelik baie minder was. “Dankie dat julle dapper en sterk is en nie kritiese vaardighede verlore laat gaan het nie. In die middel van die chaos was dit net die landbousektor wat die waterkrisis verstaan en dit bestuur het.”
Mnr Winde het gesê die regering verstaan nie die landbousektor nie. “Júlle weet wat dit geverg het om tot hier te kom, en júlle weet wat dit gaan verg om die volgende persoon tot hier te kry. Die gronddebat is nou baie intens omdat daar die afgelope 20 jaar bloot nie genoeg gedoen is nie,” het hy gesê.
Tydens die kongres is mnre Cornie Swart en Hugo de Waal onderskeidelik tot President en Vise-President van Agri Wes-Kaap herkies.

Posted on July 30, 2018 in Blog

Login

Agri Wes-Kaap lede log in

Nog nie 'n Agri Wes-Kaap lid?

Agri Wes-Kaap:

  • fokus voortdurend op die ontwikkeling van vooruitstrewende landboustrategieë.
  • bewerkstellig 'n positiewe beleidsraamwerk vir die landbou in die Wes-Kaap waarbinne wette, regulasies, ordinansies en gesindhede landbou-vriendelik is.
  • sien toe dat landbou in die Wes-Kaap sy eie toekoms verseker, deur aktiewe betrokkenheid op alle lewensterreine.
  • skep ‘n kollektiewe magsbasis vir die landbougemeenskap in die Wes-Kaap.
  • bied ‘n fokuspunt waardeur die kollektiewe belang van landbou in die Wes-Kaap optimaal bevorder word.

Doen aansoek om ‘n Agri Wes-Kaap lid te word Ons sal reëlings met jou plaaslike Landbouvereniging tref en skakel jou terug.

Not an Agri member yet?

Agri Western Cape:

  • constantly focuses on developing more progressive agricultural strategies.
  • negotiates a positive policy framework on behalf of agriculture in the Western Cape, within which laws, regulations, ordinances and attitudes are agriculture friendly.
  • provides a platform for agriculture in the Western Cape to ensure its own future, through involvement in all spheres of life.
  • creates a collective power base for the agricultural community of the Western Cape.
  • optimally promotes the collective interest of agriculture in the Western Cape.

Apply for Agri WC membership We will make arrangements via your local Agricultural Association and get back to you.

Awukabilolungu?

I-Agri Western Cape:

  • ihlala igxile kuphuhliso lwamaqhinga ezolimo anenkqubela nangakumbi.
  • yenza uthethathethwano loyilo lwemigaqo-nkqubo emihle egameni lwezolimo eNtshona Koloni, ekuye kuthi kuyo yuqunlunqwe imithetho, imigaqo, izibhengezo kunye nendlela yokucinga evelana nezolimo.
  • idala iqonga lokuba ezolimo ziqinisekisa ikamva lazo, ngokuzibandakanya kwiinkalo zonke zobomi.
  • idala isiseko esinamandla kuluntu lwezolimo eNtshona Koloni.
  • ikhuthaza ngokwaneleyo umdla kuwonke-wonke kwezolimo eNtshona Koloni.

Yenza isicelo sokuba lilingu Siza kwenza amalungiselelo neManyano yeZolimo yengingqi yakho, size sibuyele kuwe.
Join

Subscribe to our fun,
educational, inspiring
and winning updates -
and Grow Greatness
in your home.