Pick up an IN-SEASON RECIPE and lots of yummy info on your #local #food supply. bit.ly/1QS1Ldx

Agri in die media

Droogte: Rampfonds vir Klein-Karoo begin

Rampfonds geskep vir Klein Karoo-boere
Tisha Steyn

September 2018
Oudtshoorn – Die droogte wat die afgelope drie jaar voortduur het Agri Klein Karoo-streekslandbouorganisasie van Agri Wes-Kaap genoop om ‘n droogterampfonds vir boere in die Klein Karoo te skep.
“Die Klein Karoo Disaster Relief is ‘n onderneming sonder winsbejag en is geskep met die doel om boere wat nie meer geld het vir hul diere voer te koop nie, by te staan,” sê Laubscher Coetzee, boer van Volmoed en Agri Klein Karoo (AKK) se verteenwoordiger by Agri Wes-Kaap.
Volgens Coetzee is die hulp bestem vir boere op plase waar dit die afgelope twee jaar glad nie gereen het nie en geen natuurlike of aangeplante weiding oor is nie.
“Die droogtehulp is nie net vir lede van georganiseerde landbou nie, maar vir alle boere, insluitend opkomende boere, wat in die moeilikheid is omdat hulle nie meer voer vir hul vee oor het nie. Ons kan nie toelaat dat diere vrek van die honger nie.”
Coetzee sê individue en instansies, soos kerke in dorpe in die Klein Karoo, Eden en elders in die land nader AKK deurlopend met ‘n aanbod van skenkings. “Ons het dringend voer, vragmotors en brandstof, en geldelike donasies nodig.”
“Ons het reeds twee vragte gras vir ruvoer van boere in Amersfoort in Mpumalanga ontvang. Die vervoer is deur Hendrik van Wyk Vervoer gedoen en die diesel is deur Total SA geborg.”
Volgens Coetzee word droogtegeteisterde boere, of hulle lede van landbouorganisasies is of nie, versoek om deur die landbouverenigings in die verskillende gebiede aansoek te doen vir voer. “Ons maak gebruik van die bestaande netwerk en wil he al die skenkings en verspreiding daarvan moet op ‘n deursigtige en verantwoordbare wyse geskied.”
Die nie-winsgewende maatskappy is geregistreer as Karoo Disaster Relief NPC, handeldrywend as Klein Karoo Disaster Relief (KKDR) . “Die bestuur van die fonds gaan deur Klein Karoo Disaster Relief in samewerking met Agri Klein Karoo, Acker & Maloney Ing en Relief.Life bestuur word,” sê Johan Potgieter, geoktrooïeerde rekenmeester by Acker & Maloney Ing wat die registrasie hanteer het en mede-direkteur van KKDR.

“Ons gebruik Relief.Life Disaster Management Trust, wat in Kaapstad baseer is, vir hul belastingvrye status, wat beteken dat alle donasies aan Relief.Life afgetrek kan word vir belasting. Dit sluit voerskenkings in wat gekwantifiseer word en wat ingevolge Artikel 18A van die Belastingswet afgetrek kan word. Die aftrekkings is van toepassing op alle goedere, soos skenkings van lusern, mielies of bale ruvoer, wat gewaardeer sal word en waarvoor ‘n graderingsertifikaat uitgereik sal word. “Dit is ook belangrik dat bewys van betaling aan ons verskaf word,” sê Potgieter.

Volgens Potgieter word ‘n aftrekking van tot maksimum van 10% van belasbare inkomste vir ‘n belastingsjaar toegelaat. “As die skenking meer as 10% beloop, mag dit oorrol na die volgende jaar en sodoende gaan die voordeel nie verlore nie.”

Die Trust se bankbesonderhede:
Rekeninghouer: Klein Karoo Disaster Relief
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62336 798 501
Tak: Stellenbosch (200-620)
Verwysing: Droogte

Kontak Helen Butler by Agri Klein-Karoo se kantoor by [email protected] of 044 279 1425 indien jy ‘n skenking wil maak, of Laubscher Coetzee by 082 898 5941 vir meer inligting.

Posted on September 17, 2018 in Uncategorized

Login

Agri Wes-Kaap lede log in

Nog nie 'n Agri Wes-Kaap lid?

Agri Wes-Kaap:

  • fokus voortdurend op die ontwikkeling van vooruitstrewende landboustrategieë.
  • bewerkstellig 'n positiewe beleidsraamwerk vir die landbou in die Wes-Kaap waarbinne wette, regulasies, ordinansies en gesindhede landbou-vriendelik is.
  • sien toe dat landbou in die Wes-Kaap sy eie toekoms verseker, deur aktiewe betrokkenheid op alle lewensterreine.
  • skep ‘n kollektiewe magsbasis vir die landbougemeenskap in die Wes-Kaap.
  • bied ‘n fokuspunt waardeur die kollektiewe belang van landbou in die Wes-Kaap optimaal bevorder word.

Doen aansoek om ‘n Agri Wes-Kaap lid te word Ons sal reëlings met jou plaaslike Landbouvereniging tref en skakel jou terug.

Not an Agri member yet?

Agri Western Cape:

  • constantly focuses on developing more progressive agricultural strategies.
  • negotiates a positive policy framework on behalf of agriculture in the Western Cape, within which laws, regulations, ordinances and attitudes are agriculture friendly.
  • provides a platform for agriculture in the Western Cape to ensure its own future, through involvement in all spheres of life.
  • creates a collective power base for the agricultural community of the Western Cape.
  • optimally promotes the collective interest of agriculture in the Western Cape.

Apply for Agri WC membership We will make arrangements via your local Agricultural Association and get back to you.

Awukabilolungu?

I-Agri Western Cape:

  • ihlala igxile kuphuhliso lwamaqhinga ezolimo anenkqubela nangakumbi.
  • yenza uthethathethwano loyilo lwemigaqo-nkqubo emihle egameni lwezolimo eNtshona Koloni, ekuye kuthi kuyo yuqunlunqwe imithetho, imigaqo, izibhengezo kunye nendlela yokucinga evelana nezolimo.
  • idala iqonga lokuba ezolimo ziqinisekisa ikamva lazo, ngokuzibandakanya kwiinkalo zonke zobomi.
  • idala isiseko esinamandla kuluntu lwezolimo eNtshona Koloni.
  • ikhuthaza ngokwaneleyo umdla kuwonke-wonke kwezolimo eNtshona Koloni.

Yenza isicelo sokuba lilingu Siza kwenza amalungiselelo neManyano yeZolimo yengingqi yakho, size sibuyele kuwe.
Join

Subscribe to our fun,
educational, inspiring
and winning updates -
and Grow Greatness
in your home.